Assamese skrif

Assamese skrif
Soort skryfstelsel   Abugida
Tyd gebruik 8ste eeu - tans
Rigting Links na regs
Streek Assam
Tale Assamees
Stelsels
Moederstelsels
Proto-Sinaïtiese skrif[a]
Susterstelsels Bengaalse alfabet en Tirhuta
Nota
[a] Daar is nie algemene ooreenstemming oor die Semitiese oorsprong van die Brahmiese skryfstelsels nie.
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Assamese skrif is ’n skryfstelsel van die taal Assamees en deel van die Bengaals-Assamese skrif. Dit is ook in Assam en nabygeleë streke gebruik vir die skryf van Sanskrit en ander tale. Dit het uit die Kamarupiskrif ontstaan.

Die huidige vorm van die Assamese skrif is aaneenlopend ontwikkel sedert 5de-eeuse rotstranskripsies wat in ’n oostelike weergawe van die Guptaskrif geskryf is, en aansienlike aanpassings uit die Siddhamskrif is in die 7de eeu aangebring. Teen die 17de eeu kon drie style Assamese alfabette geïdentifiseer word (baminiya, kaitheli en garhgaya),[1] wat saamgesmelt het tot ’n standaardlettertipe wat vir drukwerk nodig was.

  1. Bora, Mahendra (1981). The Evolution of Assamese Script. Jorhat, Assam: Assam Sahitya Sabha.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search